Vrydagaand Boereworspaella
2013-12-06- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Min moeite , een pot genot.
Sit voor saam ‘n eenvoudige mengelslaai en lekker vars broodjie
800g goeie boerewors – duim grootte gesny
1 groot ui – ringe gesny
1 rooi soetrissie – repe gesny
1 groen soetrissie – repe gesny
1 geel soetrissie – repe gesny
6 knoffelhuisies gekneus
1 pakkie sampioene – grof opgekap
1 tl tiemie
1 kop wit rys
1 en halwe kop aftreksel – van jou keuse
halwe kop soet sjerrie
2 et tamatie paste
Sout en varsgemaalde Swartpeper
Klein blikkie ertjies
halwe kop olie vir braai
Nou so gemaak:
In ‘n lekker diep kleeflose braaipan (* een wat deksel het ) gooi olie in en maak pan lekker warm
Gooi die wors stukke in pan en braai tot mooi goudbruin
Gooi nou tiemie, uie en soetrissies, knoffel, sampioene by en roerbraai alles saam oor ‘n medium hitte tot alles begin braai kleur kry .J.P
Roer tamatie paste deur mengsel , gooi rys, aftreksel en sjerrie by
Sout en peper na smaak
Verlaag hitte , sit deksel op en prut tot rys sag en vloeistof verdamp het
Roer gedreineerde blikkie ertjies deur, bedien dadelik
* Hou die boerewors in vrieskas vir 25 min voor jy dit in stukke opsny… dit help net dat jy dit mooi stukke kan afsny sonder om die dermpie na flarde sny 🙂