Loader

Tamatie en Boerewors Bredie

2014-07-16
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Ouma se Boerewors bredie met mieliepap

  • Worsrolpasteie

  • Boereworspasteitjies:

  • Pap en wors

  • Randrekker Wors-pastei

.
Winters wenner !!

1 kg Goeie Boerewors – happie grootte gesny
1 blik tamatiestukke
2 eetlepels “tomato paste”
2 groot uie – opgekap
1 soet groenrissie – opgekap
1 tl knoffelsout
1 tl gedroogde tiemie
Growwe gemaalde swartpeper
Bietjie olie

So gemaak:

In lekker swaarboompan, verhit olie, en bruin die worsstukke
Gooi uie by en braai alles saam tot uie begin deurskynend raak
Gooi nou die tiemie en groenrissie by, braai liggies alles saam
Voeg nou blikkie tamatie en “paste” by.
Geur met peper en knoffelsout
Bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 15 min

*Bedien dadelik . Sit voor met pap, kapokaartappels of lekker vars brood

Recipe Type: Tags: , , , Ingredients:

Comment (1)

  1. posted by Phillip Meyer on July 9, 2015

    Lyk baie heerlik. Moet dit probeer as ek weer in Sa is.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!