Ouma se Boerewors bredie met mieliepap
2015-11-27- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.2 / 5)
20 People rated this recipe
Related Recipes:
trooskos !!
2 uie, gekap
80 ml olie
5 knoffeltoontjies , gekneus
1 tl matige kerriepoeier
2 gekapte tamaties
2 aartaapels in kwarte gesny
500 ml kookwater
500 g boerewors, in happie groote gesny
sout na smaak
Braai die ui in die olie tot sag, voeg die knoffel en kerriepoeier by en braai vir 3 min
Voeg boerewors stukke by, braai alles saam tot lekker bruin en geurig
Voeg aartappel stukke by saam die tamaties en kookwater verhit tot kookpunt
Prut vir 25 minute tot aartappels lekker sag en die sous lekker afgekook is
Geur na smaak met sout
Sit voor met lekker sagte mieliepap met klontjie botter op