Worsrolpasteie
2014-07-01- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.5 / 5)
2 People rated this recipe
3,806Related Recipes:
Reg in 30 min, lekker ligte ~ varsgebak middagete
Smul Worsrolpasteie
2 rolle blaardeeg ~ ontdooi
6 el blatjang
8 varkworsies ~ liggies gaargemaak~ afgekoel
fetakaas
2 eier, geklits
Voorverhit oond tot 200 C vir afskop bak, en verlaag na180 C deur bak proses.
Rol die deeg oop op ’n skoon werkoppervlak en sny elke rol in die breedte af in die helfte en dan in 4 ewe groot stukke
Smeer elke strook deeg met blatjang in die middel
Krummel feta oor
Trek halfgaar worsies se velle af en sit een op elke deegstrook.
Vou dit toe bo-oor die worsies en druk die kante vas met ’n vurk
Verf met geklitse eier
Bak vir 8 minute by 200 C
Verlaag nou hitte na 180 C ; bak +- 15 minute tot mooi bruin
*Sit voor saam met tamatiesous
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Phillip Meyer on July 9, 2015
Smul lekker!!