Loader

Kerrie Tamatie en Eiervrug(brinjal) Smoor

2017-10-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie en Uie Sous vir Pap en Wors

  • Sjokolade-koffiesous

  • Mosterdsous

  • Perske bedruipmengsel

  • Biermarinade

Heerlik saam mieliepap, kapokaartappels, stampmielies of bo oor worsrolletjies
.

1 groot eiervrug, geskil in groot blokkies gesny (plaas in bakkie kouewater)
3 groot tamaties, ontvel en opgesny in blokkies
2 groot uie, geskil en fyn opgekap
1 groot soet groenrissie – blokkies opgekap
6 knoffeltoontjies – geskil en gekneus
1 el kerriepoeier
1 tl asyn
2 el blatjang
80 ml kookolie
100 ml water
sout na smaak

(Om tamaties te ontvel)
Met ’n skerp mes maak ’n kruis aan die onderkant van die tamaties
Sit tamaties in ’n bak en gooi genoeg kookende water oor om te dek
Laat staan tot water afgekoel het, vryf die skil af en sny tamaties in blokkies
.

So gemaak:
Verhit kookolie en braai uie, soet rissie en knoffel tot geurig
Sprinkel kerriepoeier oor, gooi asyn by roer vinnig deur
Voeg eiervrug blokkies by, roerbraai oor lae hitte vir 5 minute
Voeg gekapte tamaties en blatjang by, gooi water oor, sout na smaak,
Plaas deksel op en prut vir 20 minute

Bedien warm, die sous kan ook lekker gevries word

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!