Sjokolade-koffiesous

2006-11-30
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

868
Related Recipes:
  • Wortel & Vanilla Sponspoeding

  • Koffie & Cream Malvapoeding

  • Kondensmelk Suurlemoen Yskastert

  • Traditionele Melksnysels

  • “Jam Donuts” – Oliebolle

Sjokolade-koffiesous
375 ml room
90 ml gouestroop
200 g donker sjokolade, gekap
5-10 ml kitskoffiepoeier
5 ml kaneel
Verhit alles stadig saam oor lae hitte tot glad. Bring tot kookpunt en prut tot die sous dik genoeg is om die agterkant van ‘n lepel te bedek. Laat afkoel tot louwarm. Lewer ongeveer 500 ml sous.

Ryk sjokoladesous
200 g donker sjokolade (met of sonder neute), gekap
250 ml room
15 ml botter
Smelt die sjokolade en room stadig saam oor lae hitte tot gesmelt (jy kan dit ook teen 30 % krag in die mikrogolf doen). Roer tot glad en roer die botter by. Laat effens afkoel. Lewer ongeveer 375 ml sous.

Botterkaramelsous
Dit pas by byna enige nagereg, maar is uitstekend oor warm appel- of brandewyntert met ‘n skeppie geklopte room.
125 ml witsuiker
125 ml botter
30 ml gouestroop
30 ml water
250 ml room
5 ml vanieljegeursel
Verhit die suiker, botter, stroop en water saam tot die suiker gesmelt is. Roer aanhoudend. Wanneer opgelos, voeg die room en geursel by. Verhit tot kookpunt en prut tot verdik en toffiekleurig.
Lewer ongeveer 375 ml sous.

*****JP

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!