Loader

Tuisgemaakte Worsrolletjies

2010-05-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.5 / 5)

3.5 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

 

Vulsel:
1kg maalvleis
15ml sout
25ml spekvleis, swoerdloos, gesnipper
knypie neutmuskaat
tafelsmaakmiddel na smaak
2 snye witbrood (gekrummel)
25ml asyn
10ml koljander
knypie kaneel

Deeg:
4 x 250ml koekmeelblom
500g botter
1 eiergeel
5ml sout
12.5ml suurlemoensap
250ml water

Vulsel:
Braai al die vulsel bestanddele saam totdat die vleis geurig bruin verkleur is. Laat afkoel.

Deeg:
Sif meelblom en sout saam.
Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Voeg eiergeel, suurlemoensap en genoeg
water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Plaas bietjie vleis bo-op deeg.
Smeer kante met eierwit. Rol op.
Verf mengsel van geklitse eiergeel en melk bo-oor.
Bak vir 45 minute lank in ‘n voor verhitte oond teen 180°C tot goudbruin.
Sny in worsrolletjies.
Lewer ongeveer 5 dosyn worsrolletjies.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!