Bobaas Pastei

2018-04-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 14
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

14 People rated this recipe

4,110
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

Bobaas Pastei met Bier, Biefstuk, Sampioene en gekarameliseerde uie as vulsel kan jy nie verkeerd gaan nie, met ‘n lieflike tuisgemaakte kors om die pastei af te rond

Pastei kors:
500 g koekmeel
200 g yskoue botter in klein blokkies gesny
3 groot eiers liggies geklits

Plaas koekmeel en botter in groot mengbak, werk deur met jou vinges tot jy broodkrummel effek kry
Voeg eier by, werk goed deur tot deeg in een bal bymekaar kom
Draai toe in kleefplastiek sit in yskas vir 40 min
Verdeel deeg in twee en bolle
Op ‘n koekmeel bestrooide oppervlak rol nou die deeg uit tot 4mm dik
Smeer 20cm oondvaste bak goed met botter
Voer bodem uit met een bol se uitgerolde deeg (laat kante maar effe oorhang, dit help om die pastei te kan seel

Vir die vulsel:
500g rump steak in klein blokkies gesny
100g botter
30ml olie
2 uie, in ringe gesny
3 knoffeltoontjies gekneus en fyn gekap
250g sampioene, in skywe gesny
1 blikkie bier
250 ml room
2 tl bisto poeier- aangemaak met bietjie koue water
varsgemaalde swartpeper
sout

*1 ekstra eier geklits om kors mee te verf

Vulsel:
Verhit olie in n diep pot
Voeg uie en knoffel by, braai stadg tot uie karameliseer, skep uit hou eenkant
Voeg nou botter by in dieselfde kastrol, maak baie warm
Voeg vleisblokkies by, roerbraai tot bruin en geurig
Voeg sampioene by, roerbraai tot geurig, voeg nou gebraaide uie by
Geur met sout en swartpeper na smaak
Gooi blikkie bier by
Sit dekdel op en kook oor medium hitte tot vloeistof verdamp het
Voeg bisto en room by, bring tot kookpunt en laat prut so 2 minute
Verwyder pot van die plaat, hou deksel op en laat vulsel goed afkoel

Voorverhit oond tot 180 C

Skep AFGEKOELDE vulsel in uitgevoerde oondbak en maak eweredig
Plaas tweede uitgerolde bol deeg bo-op
Sny oorhangdeeg af; net bietjie grooter as jou bak se rand
Druk die twee deeg randte stewig vas aanmekaar reg rondom
Sny 2 kort kepies in die kors dat stoom kan ontsnap deur die bakproses
Verf met geklitse eier
Bak 30 tot 35 min en mooi goudbruin.
Laat afkoel vir 30 min voor jy sny en opdien

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!