Loader

Bobotie Pot Pasteitjies

2018-07-23
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Nie net vinnig om voor te berei nie, maar sal sommer ook jou sak pas, ‘n smul randrekker.
Jy kan een groot pastei maak of in 4 kleiner individuele pot pasteitjies
.
1kg topside maalvleis
1 groot ui, opgekap
4 knoffeltoontjies, gekneus en opgekap
80 ml kookolie
1 el asyn
2 el kerriepoeier
1 tl borrie
1 lourierblaar
1 el appelkooskonfyt
2 el blatjang
1 el worcestersous
2 el tamatie puree
hanvol rosyntjies
125 ml kookwater
sout na smaak
.

1 rol skilferkors – ontdooi
1 eier geklits met bietjie water
.
In ‘n medium kastrol, verhit olie, voeg lourierblaar by en braai dan uie en knoffel stadig tot goudbruin
Verwyder van plaat en voeg kerriepoeier en borrie, roer deur, voeg asyn by, plaas terug op plaat en roerbraai vinnig
Voeg maalvleis by en braai alles lekker saam tot bruin gebraai en geurig
Voeg by: appelkooskonfyt, blatjang , worcestersous, tamatie puree, sout na smaak en hanvol rosyntjies
Voeg kookwater by, roer alles mooi deur
Bring tot kookpunt draai hitte af en prut alles saam vir 5 min, verwyder lourierblaar
Deel die vulsel tussen 4 middelslag oonvaste bakkies
(of 1 diep tertbak van 18 / 23 cm) en laat baie goed afkoel
.
Voorverhit die oond tot 200 °C
.
Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny ruweg in sirkels effens grooter as die bakkies waarin die pastei gebak gaan word en bedek elkeen met skilferkors

Maak ’n kruisie in die middel van die pasteie sodat die stoom kan ontsnap wanner dit bak.
Verf die geklitse eier oor die pastei (*opsioneel: Sny blaartjies uit die afgesnyde deeg en sit op die pastei. Verf die blaartjies ook met die eier)

Bak vir 25 min tot goudbruin

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!