Loader

Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

2022-03-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

  • Babbelaas Souttert

GebakteĀ boneĀ enĀ wors soos vinkel en koljander. Heerlike pasteikors ipv kapokaartappels, maak die ;n wenner dis. Propvol proteine

Wat jy benodig
2 el botter
80ml kookolie
2 groot uie, gekap
3 knoffeltoontjies, gekneus
1 jalapeno rissie, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
1 groen soetrissie , gekap

1 el matige kerriepoeier
1 kg wors varkworsies – stukke opgesny

2 blikkies KOO boontjies in tamatiesous
1 blikkie opgekapte tamaties
3/4 kop tamatiesous
1/2 kop mosterdsous
So gemaak
Smelt die botter oor ‘n medium hitte in ‘n medium kastrol., gooi kookolie by
Voeg uie en knoffel by, braai tot sag,
Voeg jalapeno, soetrissies by, roerbraai minuut of twee, tot geurig

Voeg kerriepoeier by, roer deur
Voeg die worsies by en potbraai goud bruin
Voeg die gebakte boontjies, tamaties, tamatiesous en mosterd by , prut vir vyf minute

Verwyder van plaat en giet in oondvaste bak om goed af te koel

Voorverhit oond 180 C

Pasteikors:
2 koppies koekmeel
1 el bakpoeier
1 koppie melk
1 koppie kookolie
3 eiers

1/2 tl borrie
knypie sout

Klits die melk, kookolie en eiers saam.
Voeg by jou meel, bakpoeier, borrie en sout by
Klits goed tot gladde slap deeg.
Gooi bo-oor gaar voorbereide pastei vleis
Bak vir ongeveer 30 min by voorverhitte oond tot mooi bruin

Bedien met lekker groenslaai, botterbroodjies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!