Groenboontjie en Piesang kerrie
2011-07-08- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
Hierdie kan as ‘n bykossie geniet word, of selfs ‘n warm slaai voorgesit word..
Benodighede:
laat 60 gm sultanas vooraf week in 25 ml witwyn vir 4 ure
500 gm groenbone – gekerf
1 ui ringe gesny
12,5 ml olie
sout
12,5 ml kerriepoeier
25 ml appelkooskonfyt
37,5 ml asyn
tiemie
3 piesangs in skywe gesny.
So gemaak:
Kook groenbone in sout water tot gaar.
Braai ui in olie tot deurskynend, voeg kerriepoeier, tiemie en asyn by. roer vinnig deur.
Dreineer gaar groenbone, gooi by kerrie-uie en braai saam.
Haal pot van plaat af, voeg appelkooskonfyt en die geweekte sultanas by, roer mooi deur.
Plaas pot terug op plaat , laat prut vir 2 min, voeg piesangs by, roer deur, bedien..