Loader

Biefstuk en Niertjie Pastei

2011-07-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

Bestanddele:

1.5 kg biefstuk

500 g niertjies
1/2  kop koekmeel
2 ml gemaalde gemmer
1 ml tiemie
3 tl Worcestersous
1 tl  aangemaakte mosterd
1 t sout
30 ml sago
5 uie, opgekap

pasteikors:
1 k koekmeel
2 t bakpoeier
knippie sout
125ml sonneblomolie
125 ml melk
1 eier

So gemaak:

Sny biefstuk in blokkies. Maak skaapniertjies skoon, sny die wit gedeelte binne uit en sny die niertjies ook in groterige blokkies.
Meng koekmeel, gemmer en tiemie en rol beesvleis en niertjieblokkies daarin tot goed gemeng.

Plaas dit in ‘n dikboomkastrol en voeg die Worcestersous, mosterd en sout by. Voeg genoeg kookwater by om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en prut dit oor matige hitte totdat die vleis lekker sag is. Roer die mengsel af en toe om sodat dit nie aanbrand nie.
Week die sago in ‘n bietjie koue water.

Voeg die uie en sago by die vleis en prut tot die vulsel dik is. Roer af en toe om aanbrand te voorkom. Skep die gaar vulsel in ‘n groot oondvaste bak.

Kors:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.

Klits die olie,melk en eier saam. Voeg die meelmengsel by en klits tot goed gemeng.

Gooi die deeg oor die vulsel. Bak die pastei 25-30 minute by 190ºC. Sit dit warm voor.

.

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!