Babbelaas Souttert

2018-01-31
Crustelss Country Quiche
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Wees Babbelaas se Baas met oorskiet braaivleis

Tertkors:
2 kop koekmeel
mespunt sout
mespunt rooi peper
150g gevriesde botter, gerasper
1 el brandewyn
150 ml yskoue sodawater
.
Sif die koekmeel, rooi peper en sout saam
Vryf die botter in die koekmeel in met jou vingerpunte totdat jy krummel effek het
Voeg brandewyn en sodawater by om ‘n stywe deeg te vorm
Maak ‘n bol, maak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas om te rus vir 30 min
Voorverhit oond na 200°C
Rol deeg dun uit en voer ‘n + – 25 cm tert pan uit
Prik die bodem en bedek die deeg met ‘n vel waspapier
Gooi koppie of twee droë sopboontjie bo op en blindbak vir 15 minute
Verwyder boontjies en waspapier en laat effe afkoel

.
Vulsel:
2 kop kaas, fyn gerasper
1 kop oorskiet braavleis/boerewors, fyn gekerf
1 klein groen soetrissie, fyn opgekap
1 klein ui, baie fyn opgekap
3 groot eiers
250 ml vars room
swartpeper na smaak
.
Verhit die oond 180°C
Sprinkel 1 koppie kaas oor gebakte tertkors
Versprei die opgekerfde vleis stukkies eweredig bo-op
Volg met fyn uie en soet groenrissie
Geur met peper na smaak
Klits eiers en room goed saam
Giet stadig bo oor vleis , gevolg met 1 kop gerasperde kaas
Bak vir 30 minute of tot goudbruin en die eiers gestol is.
Sit warm voor, ook lekker afgekoel

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 5
Gradeer hierdie resep

5 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Ham en Kaas Wawiele

  • Bullybeef Pastei

  • Warmbrakkies met ‘n kinkel

  • Slapdeeg Biltong en Kaas Pasteitjies

  • Flippen Lekker Bullybeef Kerrie Jaffles

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!