Kondensmelk Mosterd Aartappelslaai
2017-04-15- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.1 / 5)
79 People rated this recipe
Related Recipes:
Heerlike onthou aartappelslaai soos ons mee groot geword het
Bestanddele
4 groot aartappels
3 groot eiers – hard gekook
1 ui fyn opgekap
Mayonnaise:
1 x 750g Bottel Crosse & Blackwell mayonnaise
½ blikkie kondensmelk
2 tl mosterdpoeier aangemaak met bietjie melk
sout en peper na smaak
pietersielie
.
.
Kook die aartappels tot sag maar steeds ferm, laat afkoel
In ‘n groot mengbak, skil en sny die aartappels in blokkies
Dop die eiers af, sny dit fyn en voeg by die aartappels
Voeg fyn ui by
Geur met sout en peper na smaak
Meng die bottel mayonnaise met ½ blikkie kondensmelk
Voeg die mosterdmengsel by en meng goed deur
Giet die sous oor aartappels tot mooi klam, meng mooi deur
Laat eers buite die yskas goed afkoel voor jy dit in yskas sit
Hoe langer hy staan hoe lekkerder, bedek dat yskasgeure nie intrek nie
Sit in yskas tot 3 dae
Net voor bedien; sprinkel met die pietersielie