Loader

Boneslaai met koljander en amandel pesto

2023-09-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Baba-aartappelslaai met jogurt-suurroomsous

  • Beesfillet slaaipakkie

  • Kinder Kulslaai

  • Koel Komkommer Slaai

  • Kondensmelk Mosterd Aartappelslaai

Boneslaai met Koljander en Amandel-pesto

Koljander en Amandel-pesto

2 knoffelhuisies
500 ml vars koljanderblare
30 ml parmesaan- of pecorino-kaas
50 g geblansjeerde amandels
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
150 ml olyf- of canola-olie

Meng die knoffel, koljanderblare, kaas, amandels, sout en peper in ‘n voedselverwerker tot fyn. Voeg die olie geleidelik deur die tuit by terwyl die voedselverwerker aangeskakel is. Voeg nog olie of selfs natuurlike jogurt by om dit meer souserig te maak indien nodig.
BONESLAAI Meng al die bone en roer die pesto in. Laat minstens 1 uur staan voor dit voorgesit word.

Boneslaai

1 blik (410 g) rooi nierbone
1 blik (410 g) botterbone
1 blik (420 g) kekerertjies
1 blik (420 g) heelpitmielies
1 ¡E 2 rooi-uie, gekap

Joghurtsous

250 ml Griekse jogurt
1 knoffelhuisie, gekneus
1 ml komynsaad
gerasperde skil van 1 suurlemoen
4-8 tortillas of roti’s
1 handvol vars koljanderblare vir opdiening

Meng al die sousbestanddele goed en laat 1 uur in die yskas staan sodat die smake kan vermeng. Skep van die bone-en-pestomengsel in die tortillas, skep van die sous oor en plaas ‘n paar koljanderblare bo-op. Draai die tortillas stewig op en geniet dit. Genoeg vir 10 ¡E 12 mense. Wenk: Hierdie slaai sal tot ‘n week goed bly in die yskas. Jy kan dus maar ‘n hele klompie op ‘n slag maak. Slaai op ‘n piekniek hoef glad nie ‘n probleem te wees nie en jy hoef ook nie ‘n vurk daarvoor saam te piekel nie. Draai dit in ‘n meeltortilla of roti toe, en jy het heerlike handkos.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!