Bar One Koek

2013-01-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.5 / 5)

3.5 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

6,391
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

My bederf vir jou – Bar One Koek

Jy gaan nodig he:

45 ml kakao poeier
80 ml warm water
150 g sagte botter
250 ml suiker
3 extra-groot eiers
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml koeksoda
2 ml sout
250 ml karringmelk

vir die versiersel:

2 x 60 g Bar one, in stukke opgesny
100 g donker sjokolade, grof gekap
60 ml vars room
45 ml botter

Meng kakao met warm water tot mooi glad, hou eenkant
Room botter en suiker saam, voeg eiers een vir een by, klits tussenposes tot alles mooi lig en romerig is . Gooi kakao mengsel by, meng deur.
Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam, vou by bottermengsel in, voeg bietjies karringmelk om die beurt by tot gladde mengsel
Smeer losboompan van 23 cm.
Gooi mengsel in, en bak 180 °C vir 1 uur. Toets met pen
Los in pan om af te koel, voor jy op draadrak uitkeer.
Laat heeltmal afkoel
Versiersel
Meng alles saam in ‘n swaarboompan, en oor lae hitte, tot alles mooi gesmelt is.
Laat lou warm afkoel, lepel eweredig oor die koek. Laat afkoel en stol

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!