Melktert
2024-02-16- Course: Gebak Koekmeel
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
Related Recipes:
KORS
1 kop (afgestroopte) koekmeel
1 t (afgestroopte) bakpoeier
knippie sout
1 eier
1 e botter
1 e suiker
Room eier, botter, en suiker. Voeg droë bestanddele by en smeer in 2 melktert panne. (bak vir ‘n paar minute indien foeliepanne gebruik word)
VULSEL
600 ml melk
3 e maizena
1 e koekmeel
2 e botter
1/2 kop suiker
6 eiers
knippie sout
1 t vanilla
Kook melk, suiker en botter. Meng meel, sout en maizena met ‘n bietjie melk. Klits eiergele by meelmengsel. Voeg vanilla by en voeg by melk. Kook tot dik. Klits eierwitte styf en vou in mengsel. Giet in tertkorse en bak tot gaar. (ongeveer 20 minute)