Loader

Ouma se skoenboks krismiskoek

2023-12-20
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Die reseppie baie diep uit skoonma Anna se boeke uitgekrap………dis weer sulke tyd…kersfees loer oor ons skouers.. hierdie reseppie is nege jaar terug geplaas op boerekos en graag wil ons dit weer deel met almal wat daai spesiale kersfees vrugtekoek wil bak… maar tog met soveel prêt…!!

Bak nou, anders sit jy droemond Kersfees…. onthou, n Krismiskoek moet gevoer word met die beste brandewyn tot jou beskikking.

Die Groot Geheim is die goeie bestanddele . Koop die beste vrugte wat jy in die hande kan kry.

My Dierbare vriendin Petuniaflower, het hom so stap vir stap uit probeer, met suksesvolle resultaat, en haar pragtige fotos met ons ge-deel, die skoenboks krismiskoek …..

Bestanddele:

500g botter
500ml suiker
8 extra groot eiers
10ml fyn gemmer
10ml gemengde speserye
10ml koeksoda
10ml bakpoeier
4ml sout
4k koekmeel
125 ml pynappel / gemmer / waatlemoenkonfyt
1.5 kg Vrugte (Koekmengsel )
500 g Verglansde Vye, Pynappel, Gemmer, Sitroenskil, Ekstra Kersies.
2 k Pekan Neute of Okkerneute. – Kap alles op, rowwe stukke.
250 ml Goeie Brandewyn

Metode

Voer 2 skoenebokse met waspapier uit en smeer.
Sit oond solank op 150grade c

Room botter. Klop suiker geleidelik bly, totdat mengsel lig en romerig is.
Roer eiers een vir een by
Sif die droe bestanddele en vryf die vrugte in die meelmengsel in sodat alle stukkies mooi los is en met meel bedek is. Meng alles bymekaar.
Skep in skoenebokse en sit deksels op.
Bak vir een uur by 150 grade c
Bak dan vir nog 2 uur by 140grade c

Besprinkel met brandewyn, toegedraai in foelie….. laat rus om ryp te word…..

onthou dis baie belangrik om elke 3de dag die koek oop te maak en besprinkel met brandewyn. Draai weer mooi toe met foelie
.
….en walla krismiskoek uit ‘n skoenboks

Anna Greenberg/Swanepoel

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!