Kerriesouttert
2014-01-20- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.2 / 5)
5 People rated this recipe
Related Recipes:
1,2,3 so maklik – Kerrie Maalvleis-souttert
die kors:
250 g botter
1 teelepel bakpoeier
2 koppies koekmeelblom
1/2 koppie kookwater
Gooi kookwater oor botter
Laat afkoel en vou koekmeel en bakpoeier by.
Meng goed deur en bêre in yskas vir minstens 1 uur
vir jou vulsel
700 g maalvleis
bietjie kookolie
2 uie baie fyn opgekap
2 groot aartappels, gerasper
sout en peper na smaak
Braai uie en maalvleis tot bruin
meng saam en voeg nou by vleismengsel en braai liggies
1 el kerrie
1 el klapper en
3 el chutney
2 kop gerasperde kaas kaas vir bo oor
gooi nou aartappel by,sout en peper na smaak en prut vir 10 min alles saam
Druk nou jou kors vas aan oondvaste bak, gooi maalvlies versigtig in ongebakte kors
Strooi goed met kaas.
Bak 30 min warm oond tot goudbruin. (180 C +-)
*Hettie van Dyk via Facebook Boerekos Kookengeniet*