Spinasie Quiche
2014-05-06Average Member Rating
(3.9 / 5)
11 People rated this recipe
9,539Related Recipes:
Lekker vinninge Spinasie Quiche
1 Bossie spinasie
250 g Sampioene
1 Groot ui
100 g Spek
Sout, swartpeper en knoffel na smaak
1 ½ Koppie kaas
1 ½ Koppie witsous
Metode:
Was spinasie goed af en sny in repies. Kook stadig in pan met deksel op.
Moenie water bygooi nie.
In die tussentyd braai uie, spek, sampioene en knoffel saam.
Indien die spinasie te veel water getrek het, gooi dit af.
Meng spinasie, witsous en uiemengsel,
Plaas in oondbak – ‘n gewone tertbak is voldoende.
Gooi kaas oor en bak teen 180C vir 30 minute of totdat mengsel geset het.
*Suzelle du Randt via facbook Boerekos Kookengeniet*