Spek en Sampioen Quiche

2014-01-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

3,534
Related Recipes:
  • 2 Keer bak Souttert

  • Korslose Bully-Beef Souttert

  • Spinasie Quiche

  • Korslose sout tert

  • Kerriesouttert

Deeg
375ml koekmeel
knypie sout
125g yskoue botter
yskoue water

Meng koekmeel en sout saam. Rasper yskoue botter by koekmeel, dip botter in meel, om maklik te rasper, en met jou werk dan deur met vingerpunte , voeg water bietjies by tot ’n deeg vorm.
Sit deeg in ‘n glasbak en maak toe met plastieksak en sit in yskas vir minstens 30 minute.

Vulsel
1 ui, baie fyn gekap saam paar knoffelhuisies, gekneus – gebraai
1 pakkie sampioene – opgekap en gebraai
1 pakkie spek – bruin gebraai, en opgekap
1 koppie gegeurde roomkaas
3 ekstra groot eiers – geklits
1 koppie gerasperde kaas
3/4 koppie mellk
droe pietersielie
knypie rooi peper
swartpeper na smaak
sout na smaak

Voorverhit die oond tot 180C.

Rol die deeg dun uit op ’n meel oppervlak. Voer pan uit, bak 180C vir 15 min.

In ‘n lekker groot mengbak, meng gaar vulsel bestanddele saam.
Giet versigtig in gebakte kors, plaas terug in die oond verlaag die hitte tot 160C en bak die quiche vir 30 minute tot gestol en mooi bruin

Bedien saam lekker groenslaai

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!