Korslose sout tert
2014-02-10- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.8 / 5)
27 People rated this recipe
19,179Related Recipes:
Lekker smul vinnige middagete
450ml melk
1 blik bullybeef
6 viennas opgekap
blikkie tuna stukke – gedreineer
2 kop gerasperde kaas ( 1 kop – mengsel) – (1 kop – bo-oor)
150ml koekmeelblom
1 tl bakpoeier
5 groot eiers geklits
1 baie fyn ui gekap
knypie sout, mosterdpoeier en gedroogde pietesielie, witpeper
1 tl knoffelsout
Stel oond op 180C.
In groot mengbak meng koekmeel, bakpoeier, sout, mosterdpoeier, pietersielie, knoffelsout, wit peper (nie sif nie)
Voeg res van die bestandele by , meng mooi deur.
Skep in ‘n gesmeerde oondvaste bak en bak tot amper gestol, ( + -25 min) sprinkel ander koppie kaas oor bak tot ligbruin.
*Ria Koelman via Facebook Boerekos Kookengeniet*
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Gevaert Gunter on April 29, 2016
Ek was eers skepties oor die Tuna, maar ek moet sê, dis ‘n bobaas souttert. Bravo!