2 Keer bak Souttert

2015-01-23
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 15
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

15 People rated this recipe

8,141
Related Recipes:
  • Korslose Bully-Beef Souttert

  • Spinasie Quiche

  • Korslose sout tert

  • Spek en Sampioen Quiche

  • Kerriesouttert

 

1 pakkie spek, grof gesny
200g gerookte of kaasworsies opgesny in happie groote
1 tamatie, dun skywe gesny
Marmite
1 kop koekmeelblom
1 kop gerasperde cheddar kaas
1 kop gerasperde mozzerella kaas
5ml bakpoeier
5ml mosterdpoeier
mespunt rooipeper
knypie tiemie
4 el koue harde botter
2 eiers geklits
1 kop volroom melk

Voorverhit jou oond 180 C
In lekker groot mengbak gooi koekmeel, bakpoeier, mosterdpoeier, mosterdpoeier en rooipeper, tiemie meng mooi deur
Vryf gerasperde botter met vingerpunte deur
Voeg eiers en melk by en sny by meelmengsel in.
Voeg halwe koppie cheddar kaas by, meng liggies deur
Giet in oondvaste diepbak
Bak vir 10 minute lank by 180C, verlaag hitte bak nog 10 minute by 160C.
Smeer die tert lekker met Marmite sodra uit die oond kom

(hou die oond aan)

Braai die spek en worsie stukkies in bietjie botter tot lekker bros
Versprei spek en worsies oor die tertbodem, gooi ander helfte van cheddar kaas oor
Pak laag dun gesnyde tamatie oor , sprinkel met sout
Sprinkel mozerella kaas oor, maak seker die gereg is mooi bedek
Sit die tert terug oond en bak tot kaas gesmelt en goudbruin

Sit warm voor saam groenslaai van jou keuse

Comment (1)

  1. posted by Santa on January 30, 2015

    Lekker

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!