Tag: resepte
Mosterdslaaisous
10 ml Franse mosterd 5 ml gedroogde dilleblare 50 ml olyfolie 15 ml witasyn 2 ml suiker sout en vars gemaalde swartpeper na smaak halwe tl mosterdkorrels Plaas al die bestandele in bottel met n skroefdeksel. Skud dit tot goed gemeng. Sprinkel dit oor bbetslaai.
Read moreKoljanderslaaisous
45 ml asyn 5 ml sout 125 ml olyfolie 10 ml gemaalde koljandersaad Plaas die bestanddele in n bottel met n skroefdeksel en skud dit tot goed gemeng. Sprinkel die slaaisous net voor opdiening oor tamatie- of avokadoslaai.
Read moreKruisement-vinaigrette
125 ml olie 20 ml wit asyn 30 ml kruisementjellie 5 ml gedroogde kruisement sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 5 ml suiker Meng al die bestandele goed saam. Verkoel die slaaisous 30 minute lank voor gebruik.
Read moreKruie-mayonnaise
500 ml mayonnaise 5 verpoeierde kappertjiesaad 5 ml gedroogde dragon Meng al die bestanddele goed saam en verkoel dit tot benodig. Klam rys-, aartappel- of avokadoslaai aan met die mayonnaise.
Read moreFranse kruieslaasous
200 ml kappertjieasyn 5 ml sout 60 ml vars, gekapte pietersielie 2 knoffelhuisies, gekneus 15 ml franse mosterd 200 ml sonneblomolie 5 ml suiker Plaas al die bestanddele in n mengbak en meng goed met n draadklopper. Verkoel die sous tot nodig.
Read moreKerriemengsel
125 ml koljandersaad 125 ml komynsaad 65 ml swartpeperkorrels 30 g kassiabas 30 ml kruienaeltjies 30 ml bruin kardemon 25 ml fyn neutmuskaat 5 lourierblare 25 ml fyn gemmer Brand al die bestandele behalwe die gemmer onder n matige rooster totdat dit n ligte stoom afgee. Oppas vir aanbrand. Laat ...
Read moreKnoffelbottersous
120 g botter (125 ml) 4 knoffelhuisies 2 ml sout Smelt die botter oor lae hitte. Roer die knoffel en sout by. Dien die sous dadelik op.
Read moreRissiesous
1 vars rooi brandrissie 1 klein rooi soetrissie 2 tamaties 4 knoffelhuisies 2 ml paprika 2 ml borrie 65 ml olyfolie 10 ml wit asyn sout na smaak Plaas die rissies, tamaties en knoffel 5 minute lank in n warm oond(200 C) om sag te word. Skil die knoffel en ...
Read moreWit kruiesous
30 ml botter 20 ml koekmeelblom 300 ml melk sout en witpeper na smaak 125 ml vars, gekapte pietersielie 45 ml vars, gekapte kruisement of 15 ml gedroogde kruisement Smelt die botter. Voeg die koekmeelblom by en meng dit tot n gladde pasta. Voeg die melk geleidelik by terwyl die ...
Read moreSampioensous
500 g sampioene, in skywe gesny 300 ml melk 5 ml fyn neutmuskaat sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 15 ml botter 1 knoffelhuisie, gekap 15 ml koekmeelblom 10 ml vars, gekapte koljanderblare Plaas die sampioene en die melk in n kastrol, voeg die neutmuskaat, sout en peper by ...
Read more