Spoorwegkoek

2016-08-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.4 / 5)

3.4 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

2,389
Related Recipes:
  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Brownies

  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

Nostalgiese bederf; uit ouma se resepteboek. Wonder wie het met die een groot geword?

125 g sagte botter
4 eiers geskei
400 g suiker
375 ml melk
80 ml brandewyn
480 g koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml kremetart
1 hoogvol koppie korente

Voorverhit oond 150 C

Room botter, voeg eiergele en suiker by en room tot lig en donserig
Meng melk en brandewyn voeg by eiermengsel maar moenie roer nie
Sif nou koekmeel, koeksoda en kremetart saam en vou om die beurt bietjies, bietjies by die eier en melk mengsel in.
Voeg korente by en roer mooi deur.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in
Skep in gesmeerde koekpan en bak by 150 C vir ongeveer 2 ure tot toetspen skoon uitkom

 

 

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!