Loader

Ryk vrugtekoek met stroop

2023-10-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Aarbei-Yskastert

Probeer dit vir ‘n verandering met ‘n wiggie romerige bloukaas en soetwyn ná ete

Vrugtemengsel
500 g vrugtekoekmengsel
250 ml suiker
250 ml water
100 g botter of margarien
10 ml koeksoda
Beslag
500 ml koekmeel
5 ml gemengde speserye
2 ml fyn kaneel
5 ml bakpoeier
1 eier, geklits
125 ml gesnipperde groenvyekonserf of makataankonfyt
125 ml gehalveerde glanskersies
125 ml gesnipperde dadels
45 ml brandewyn
Knippie sout
Stroop
100 ml water
125 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
100 ml brandewyn

Verhit die vrugtekoekmengsel, suiker, water en botter saam tot kookpunt en prut vir 10 minute. Laat oornag afkoel en roer die koeksoda by.
Voorverhit oond tot 150 °C. Voer ‘n ronde koekpan van 24 cm hoog uit met ‘n dubbele laag gesmeerde bakpapier. Sif die droë bestanddele saam en meng goed met die gekookte vrugtemengsel en die res van die beslag-bestanddele. Skep die mengsel in die pan en draai ‘n bruinpapier- of kartonkraag om die pan. Bak die koek vir ongeveer 3 ½ – 4 uur tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Verhit intussen die water en suiker saam tot gesmelt en verhit tot kookpunt. Prut tot ‘n ligte stroop. Voeg die vanieljegeursel en brandewyn by en gooi kokende stroop oor koek sodra dit uit die oond kom. Laat die die koek heeltemal in die pan afkoel en keer uit wanneer koud. Draai die koek in foelie toe en sprinkel nou en dan ‘n bietjie brandewyn oor.

*****JP

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!