Loader

Sondagmiddag Lamsboud

2018-06-05
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.6 / 5)

3.6 5 26
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

26 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie Bredie

  • Staan Ribbetjie

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

  • Oondgebakte Skaapkop

Sondag lamsboud op die tafel, eg en sonder enige fieterjasies. hier gebruik ons ook nie vreemde bestanddele nie, sout en peper is al wat die Boudjie vra, stadig gaar gemaak totdat die vleis van die been afval.
.
1½ tot 2 kg heel lamsboud, op die been
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
3 el botter
Aartappels soos verkies per persoon, geskil

* As jou oondpan nie ‘n deksel het nie benodig jy Foelie

Voorverhit jou oond 180 C
Plaas 2 eetlepels botter in die middel van die oondpan en plaas die lamsboud bo-op
Plaas 2 eetlepels botter bo op lamsboud en geur met sout en peper
Bedek of seël nou die oondpan met foelie
Plaas in voorverhitte oond en bak vir 2 ure
Bring oond hitte af na 160 C en bak verder vir 1½ uur
Verwyder foelie versigtig, draai die lamsboud om
Rangskik die aartappels om die lamsboud
Bedruip met pansous oor lamsboud en aartappels, geur met sout en peper
Bedek of seël weer met foelie en bak vir 1 uur by 160 C
Verwyder foelie en bak oop tot aartappels en vleis goudbruin is
*Bedruip tussendeur met pansous

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!