Kerriemengsel
2007-05-10- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.5 / 5)
2 People rated this recipe
2,189Related Recipes:
125 ml koljandersaad
125 ml komynsaad
65 ml swartpeperkorrels
30 g kassiabas
30 ml kruienaeltjies
30 ml bruin kardemon
25 ml fyn neutmuskaat
5 lourierblare
25 ml fyn gemmer
Brand al die bestandele behalwe die gemmer onder n matige rooster totdat dit n ligte stoom afgee. Oppas vir aanbrand. Laat dit afkoel en maal dit n bietjie op n slag. Voeg die gemmer by die gemaalde mengsel, meng dit goed en bere die mengsel in ‘n lugdigte houer.