Loader

Tamatiebredie pastei met slap oorgooi deeg

2015-07-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

Ouma se treffer pastei ~ nostalgies
1kg Ontbeende skaapvleis in stukke gesny

1 el bruin asyn

25ml Margarine of olie

2 Uie gekerf

4 Knoffelhuisie gekneus

10ml Sout

Vars gemaalde swart pepper

Aftreksel of kookwater

750 ml rooiwyn

500g Aartappels in stukke gesny

1kg Tamaties, ontvel en gekap

5ml Suiker

2ml Droë Tiemmie

1 el Bisto poeier – aangemaak met bietjie water

Verhit olie in ´n groot kastrol en sorteer die uie en knoffel tot deurskynend.
Voeg vleis en asyn by en verbruin vinnig.
Voeg sout, pepper en genoeg aftreksel/water by om alles te bedek, stowe met deksel op totdat die vleis sag is.
Voeg aartappels, tamaties, suiker, tiemmie by met genoeg rooi om alles te bedek.
Stowe tot aartappels sag is.
Voeg aangemaakte bisto by en prut 5 min
Giet die bredie in oondvaste skottel laat afkoel

Slapdeeg:

JY HET NODIG:

2 koppies koekmeel
1 el bakpoeier
1 koppie melk
1 koppie kookolie
3 eiers
knypie sout
1 ui, in ringe gesny *** opsioneel

METODE:

Klits die melk, kookolie en eiers saam.
Voeg by jou meel, bakpoeier en sout by , klits goed tot gladde slap deeg.
Gooi bo-oor gaar voorbereide pastei vleisl, druk paart uie ringe bo op die deeg vas.
Bak vir ongeveer 30 min by voorverhitte oond van 180C tot mooi bruin”

Bedien met soetpampoen en room spenasie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!