Loader

Rooi Fluweelkoek

2009-10-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

 

Koek:

100g Botter
350g Suiker
2 Eiers
75ml Kakao
30ml Kookwater
2 Bottels rooi voedselkleursel
520ml Koekmeelblom
5ml Sout
250ml Karringmelk
5ml Vanieljegeursel
5ml Koeksoda
5ml Witasyn

Versiersel:

250ml Melk
90ml Koekmeelblom
275ml Suiker
250ml Botter
5ml Vanieljegeursel
Sjokolade-vermicelli

Koek:
Voorverhit die oond tot 180C.
Smeer twee 20cm losboomkoekpanne met margarien.
Verroom die botter en suiker saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging.
Meng die kakao, kookwater en voedselkleursel saam om ‘n stywe pasta te vorm.
Voeg by die botter mengsel en meng. Sif die koekmeelblim en sout saam. Meng ook die karringmelk en vanieljegeursel saam.
Voeg om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel.
Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel. Meng goed.
Verdeel die mengsel in twee gelyke dele en skep in die voorbereide koekpanne.
Bak sowat 30 minute lank of totdat pen skoon uit die middel van die koek kom.

Versiersel:

Voeg ‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n gladde pasta. Bring die res van die melk saam met die suiker tot kookpunt.
Roer gedurig.
Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed.
Voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot gaar en dik.
Roer gedurig.
Verroom die botter tot sag.
Voeg die vanieljegeursel by.
Giet die melkmengsel by en klits totdat dit lyk soos styfgeklopte room.
Koel af.
Smeer ‘n bietjie van die versiersel op 1 koeklaag en plaas die ander koeklaag bo-op. Versier die koek met die res van die versiersel.
Strooi ‘n bietjie sjokolade-vermicelli bo-oor.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!