Ham en Kaas Wawiele
2018-01-05- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.7 / 5)
10 People rated this recipe
4,853Related Recipes:
Heerlike vingerhappie, kinders is dol hieroor. Vinnig en maklik Lekker vir ligte ete saam kraakvars groenslaai
1 x 400g Blaardeeg ontdooi
1 eier geklits
8 snye ham
1 kop gerasperde kaas
tamatiesous
gemengde droë kruie na smaak
bietjie botter
Voorverhit oond na 180 C en smeer ‘n bakplaat met botter
Rol blaardeeg oop en smeer lagie tamatiesous
Pak die ham snytjies bo op, gevolg met gerasperde kaas
Rol die deeg styf op
Sny in 2cm wielietjies
Pak op bakplaat en smeer met eier
Sprinkel met gemengde kruie
Bak in voorverhitte oond +- 15 min tot goudbruin
Bedien warm