Loader

Groenslaai met ‘n wip

2013-12-31
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 15
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

15 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Baba-aartappelslaai met jogurt-suurroomsous

  • Beesfillet slaaipakkie

  • Boneslaai met koljander en amandel pesto

  • Kinder Kulslaai

  • Koel Komkommer Slaai

Sit ‘n wip in jou groenslaai …

Ons Facebook Boerekos Kookengeniet lede deel hul gunsteling……

Fee Fee Geldenhuys – gebraaide bacon stukkies, blokkies kaas , cocktail tamaties, green pepper , komkommer, halwe gaar eiers,rocket blare en n klein biekie gaar skroef noedels, en gaar mushrooms .. slaaisous is n mayo gmeng met n klein bieki knor se rib basting sous

Judy Nortje Smith – maak slaai sosaties. Kersie tamaties, stukkies komkommer, cocktail uitjies, kaas blokkies en enige ander groente wat jy wil insit op sosatie stokkie te ryg. breek slaaiblare en sit op n mooi bord, en rangskik jou sosaties mooi bo op. jy kan twee of drie souse maak wat ekleen dan self kan oorgooi. Jy kan verskeidenheid inbring deur stokkies met bestandele af te wissel – so elkeen vat n sosatie waarvan hy hou.

Fanie Pretorius BosChef – Gebruik blaarslaai, uie grof gesny, kiwi in skywe, radyse in skywe, mango skywe (ipv tamaties), fyn gekapte chillies (opsioneel) en strooi fyn biltong en gekapte neute bo-oor. Maak jou eie slaaisous van olyolie, balsamic vinegar, vars tiemie, vars roosmaryn, suiker of versoeter, sout en vars gemaalde swartpeper. Dis n wenner!

Ben Kleynhans – 1 laag gesnyde blaarslaai onder in bak. Dan gekapte uie. 500g gevriesde ertjies (afgespoel). Smeer dan ‘n redelike laag Miracle Whip oor. Dan gekapte bros gebraaide bacon en blokkies sagte kaas. Dit is ‘n wenner.

Adelle Labuschagne Bothma – Ek gooi blikkie ertjies (die baba ertjies) onder in die bak, dan snipper ek blaarslaai en gooi net effens oor die ertjies, dan klein tamaties gesny in ringe bo oor dan komkommer gesny bo-oor dan feta en gewone kaas gemeng bo-oor dit (as jy van vrugte hou sny ek appels en sit druiwe ook in) dan strooi ek weer blaarslaai oor. Dan die wenner ek klop orley whip met bietjie suiker tot dik en sit bo op die blaarslaai, drup dit orals en dan smeer ek dit. Mense is mal daaroor. Ek sit geen souse of sout by nie.

Monica van den Berg – Baba spinasie, fetakaas, granaatpitte, mandaryn lemoentjies(geblikte soort) en pekaneute…meng bietjie van sap van Mandaryn lemoentjies met Applecider asyn en bietjie suiker en klein bietjie xtra virgin olyfolie en meng goed deur slaai net voor julle eet. Eenvoudige maar heerlike slaai!!

Yvonne Van Der Linde – Bietjie gekerde Biltong oornag in Italian Dressing gemarineer in yskas. Kap slaaiblare fyn en strooi op n groot plat borde. Sit Biltong oor, Feta kaas, gesnyde Avo skyfies en fyngerasperde Eier bo-oor

Chantel Nel – Gooi baba mielies, feta, croissants (daai broodtjies) by en vir die sous bruin asyn met suiker sout en peper meng dit en gooi net n bietjie water by.

Evelyn Coetzee – Baba spinasieblare, strawberries, feta, avo, wallnuts. Maak n slaai sousie van olyfolie, suurlemoensap, sout en peper wat elkeen self kan oorgooi. En geniet dit!!

Jana Louw – Rocket , avo, blik pere(gesny), gruere kaas skaafsels en amandels,baba rape vir bietjie kleur.sous: koppie room, titseltjie suurlemoensap en twee telepes heuning.gooi oor as jy dit bedien:)

Helena McDonald – Maak i ”moerby-slaai”. Jy staan voor jou yskas en alles wat groenterig is, m…gooi jy in i groot slaai bak. bv, jy begin met jou blare, spinasie/kropslaai/kool, klein tamaties, peppers in repe gesny, appel blokkies, komkommer, julien wortels en pakkie gevriesde erkies (afgespoel), rou mushrooms, fyn uie ringe en natuurlik olywe! Teen dai tyd behoort jy i grooote bak slaai te he! Meng deurmekaar net voor opdiening. Dit trek nie water nie en kan staan in die yskas vir so dag of wat met i deksel op. Bedien met enige slaai sous. Heerlik!

Mari Heyneke – Ek maak my groenslaai soos gewoonlik met die klein tamaties,blaarslaai komkommer, feta olywe ens.Maar dan voeg ek druiwe,neute gewone kaas en aarbeie by met Knorr Griekse slaaisous die gewone ene dit is hemels! En kry altyd baie komplimente.

Tony Williams – doen n summer salad, sny al die verskillende peppers in lang repe,sny baby tamaties in dir helfte,sny spingonions in ringetjies,meng alles saam met calmata olywe,maak n slaaisous van olyfolie, suiker,asyn, sout en pepper,meng goed en trapeer met feta kaas.baie kleurvol vir die nuwe jaar! geniet

Malissa Lambrecht Booyens – Ek voeg altyd aarbeie, neute en vars pynappel by, maak ‘n lekker sousie met yogurt, kondensmelk en mayo of koop sommer knorr se yogurt en herb, is ook lekker.

Mechelle Jacobs Harper – My fav is, yr choice of salad leaves. Add THIN julienne sticks of carrot & beetroot. Add an assortment of herbs ie mint, rocket & watercress. Lay on2 a platter. Add cubes of watermelon, orange segments taken out of their skins, sliced strawberries, feta & sliced or whole black olives. Just before serving, sqeeze the juice of 1/2 orange over the salad. It looks gorgeous, cheap 2 make & the flavour combinations are out of this world!! A honey & mustard dressing goes very well with salad

Alida Boshoff – groen somerslaai ; Dié groen weergawe het vars en soet geure, wat heerlik by vark en hoender pas. Die jogurtsous is lig, maar maak die slaai romerig. ’n paar hande vol vars roket ‘n paar hande vol bronkors of gebruik slaaiblare van jou keuse 3 groot Granny Smith appels – dun gesny 1 komkommer – gehalveer – pitte verwyder en in skyfies gesny ’n paar takkies pitlose groen druiwe 500 ml suikerpeul ertjies SLAAISOUS 100 ml natuurlike jogurt 5 ml heuning knippie sout 5 ml koljanderpesto ’n skeut vars suurlemoensap Rangskik die slaaibestanddele op ’n dienbord. Meng die bestanddele vir die slaaisous saam en drup net voor ete oor die slaai.

Heather Wiid – Ek maak ertjie lag slaai met gekapte uie en gekapte blare onder in die bak, braai gekapte bacon volgende dan gevriesde ertjies, gekapte gekookte eiers en gebraaide gekerfde mushrooms met lekker speserye , miracle whip of gewonde stywe mayonnaise en rasper kaas bo-oor.

@ Via Facebook Boerekos Kookengeniet Lede *

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!