Loader

Sampioen roerbraai

2014-02-05
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Aartappel Koekies

  • Vars Aspersies

  • Gevulde, gebakte tamaties

  • Suurlemoen en Heuning Karamel Patats

  • Kool en Bully Beef Roerbraai

4 uie, in blokkies gesny
eetlepels olyfolie
5 huisies knoffel, gekap
1-2 eetlepels vars gemmerwortel
2 murgpampoentjies, in die lengte gesny
1 geel soetrissie
1 rooi soetrissie
250g wit knopiesampioene, in kwarte
½ blokkie groente-ekstrak, verkrummel
75-100ml water
2 eetlepels vars koljander, gekap
2 teelepels mielieblom, gemeng met 2-3 eetlepels water

Roerbraai die uie met ‘n klein bietjie van die olie oor matige hitte vir ‘n kort tydjie.
Voeg die helfte van die knoffel en gemmer by, dan die murgpampoentjies en rissies en braai totdat die pampoentjies krakerig, maar sag is. Haal uit die pan.
Voeg die oorblywende olie by en roerbraai die sampioene met die orige knoffel en gemmer. Kook vir slegs ‘n paar oomblikke sodat die sampioene nog hard is.
Sprinkel die ekstrak by en voeg weer die uie en murgpampoentjies by. oeg geleidelik die water en mielieblompasta by.
Kook ‘n paar oomblikke terwyl jy roer totdat die vloeistof begin verdik.
Geur die gereg met sojasous en koljander.
Bedien onmiddellik.

*Ben de Bruin via Facebook Boerekos Kookengeniet*

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!