Loader

Vetkoek Poffertjies

2014-06-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 42
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

42 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Roommielie Poffertjies

  • Soet Patat Plaatkoekies

  • Vetkoek Burger

  • Viskoekies

Lus vir ‘n Vinnige maar lekker vetkoek poffertjies?

2 koppies koekmeel
2 tlepels bakpoeier
2 groot eiers
½ teelepel sout
3 teelepels botter
1 koppie melk
ongeveer 2 koppies olie om mee te bak

1. Sif die droë bestanddele saam.
2. Vryf die botter daarin en maak die deeg met eier en melk aan.
3. Verhit olie. Skep ‘n stukkie deeg in, as dit stadig mooi bruin bak is die olie gereed.

Onthou om die olie bietjie laer te draai want die vetkoek bak 5- 10 minute om gaar te word.
Gebruik 2 eetlepels om die deeg in die olie te skep. Voor elke skep doop jy die lepels in die olie.
Dreineer en geniet met gouestroop, appelkooskonfyt, kaas of marmite.
Dit is heerlik en vinnig om vir ontbyt te maak.
Ek gebruik ‘n teelepel om kleintjies te maak vir vingerhappies en dit bak gouer gaar.

*sit saam botter, kaas, stroop , konfyt en marmite saam voor.

Comments (4)

  1. posted by Koos Botha on April 17, 2015

    Ek gaan dit probeer, hoeveel poffers kry jy uit die mengsel.

  2. posted by Marlene on April 17, 2015

    Hierdie vetkoekies (of skurwe jantjies soos ons dit sommer noem oor hulle allerhande steeksels aan het) is ‘n gunsteling by my kleinkinders. Ek bak weer vandag omdat dit reenerig is en dit is lekker warm en vullend vir honger klein magies! Lekker resep!

  3. posted by Pennie on October 25, 2016

    Hoe kan mens die resepte “copy & paste” wil so graag ‘n paar van hulle in my boek sit
    Dankie

    • posted by Boerekos on October 26, 2016

      Hallo Pennie, Onderaan elke resep is ‘n opsie waarop jy kan klik om te print, share op facebook ens,Hoop jy kom reg !

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!