Loader

Vetkoek Burger

2015-06-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

… vinger aflek lekker !!

Vir die vetkoek:

lewer so 6 vetkoeke

1 pakkie “ready made” deeg by supermark
750 ml kook olie om vetkoek in te braai
1 swartsak “unsented”   oop gesny dat dit lekker groot is (dit werk vir my die beste)

Sprinkel bietjie olie op jou werksoppervlak
Plak die helfte van die swartsak vas op die olie, laat lang ent voor afhang
Vryf die sak lekker plat, en smeer weer baie liggies op met olie
Vryf jou hande sommer ook bietjie olie, haal deeg uit sakkie
Druk nou die deeg plat in ovaal vierkantige vorm, so 3 cm dik
Smeer jou skerp gladde mes met olie
Sny nou in sy lengte af , in die helfte, dan elke helfte weer in 3 gelyke dele
Jy het nou 6 dele, spasieer uitmekaar , smeer liggies met vingerpunte
druppel of 2 kookolie
Vou die lang helfte van die sak bo oot die vetkoek, seel liggies sy kante.
Laat dullel die hoogte rys

Verhit olie. Tel nou die deeg stukke op en plaas versigtig in matige warm olie.
Verkieslik een op ‘n slag.
Braai eers aan eenkant tot ligbruin en keer dan om en braai aan anderkant tot ligbruin.
Giet met ‘n soplepel gedurig warm olie oor terwyl jy bak
Die vetkoek sal sommer veerlig voel.

Vir die Burger:(genoeg vir 4 lekker groot patties)

800g topside maalvleis
1 ui baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1/2 tl gemmer
1/2 tl droe tiemie
1/2 tl droe pietersielie
3 eetl blatjang
swartpeper
marinade van jou keuse

4 grootste vetkoeke
uie in ringe gesny (rou of gebraai, soos jy verkies)
blaarslaai
tamaties – skywe gesny

sous:
mosterd sous
tamatiesous
blatjang
mayonaise

Meng al die speserye saam met maalvleis , knoffel en fyn ui mooi deur, vorm 4 gelyke bolletjies, op kleefplastiek of oopgesnyde broodsakkie druk rondel bal versigtig plat vir pattie se vorm.
Sit eenkant van die kleefplastiek oor die pattie en vryf en seel, en vorm hom mooi met jou hande, probeer die lug uitdruk.
Sit in vriekas vir mistens 30 min, voor jy hulle panbraai.

Maak olie in swaarboompan lekker warm
Braai patties aan een kant tot begin bruin braai, voor jy versigtig omdraai, en bruin braai, sout en peper na smaak,  smeer goed met jou keuse van marinade, braai nog bietjie, sit jou uie ringe orals langs pattie in en braai alles sappig oor medium hitte

Maak sousie van gelyke dele blatjang, mosterdsous, mayonaise en tamatiesous gemeng.
Sny oop die vetkoeke, maar nie regdeur nie, dit help om hom lekker vas te gryp met die hande
Smeer goed met sous …. en ….
bou nou jou hamburger, laat die sousies loop geniet !!

*opsioneel kan bygevoeg word: gebraaide spek, kaas, sampioene, pynappel, laat die kreatiewe sousies loop !

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!