Peri-Peri Polonie Poffertjies

2020-04-14
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

5,689
Related Recipes:
  • Piesang en OBS Broodjie

  • Kaas en Kruie Broodjie

  • Flou val Toebroodjie

  • Boerbrood Suurdeeg Plantjie

  • Roommielie Poffertjies

Lekker randrekker met ‘n byt

Jy het nodig

3kop bruismeel
2 ekstra groot eiers
3 dik skywe goeie gehalte Polonie, grof gerasper
1½ tl kerriepoeier
½ tl peri peri poeier
½ tl sout
*opsioneel fyn gekerfde groen en rooi brandrissies
yskoue water
750 ml kookolie

So gemaak;
In ‘n lekker groot mengbak, voeg bruismeel, sout, kerriepoeier en peri peri poeier, meng vinnig deur
Voeg gerasperde Polonie, en *opsioneel rissies by,
Voeg eiers by en meng deur, voeg nou bietjie bietjies koue water by om ‘n stywe deeg te vorm.

Verhit kookolie tot matig,
Doop eetlepel in warm olie en skep bolletjies vol van die deeg in warm olie
Braai tot goudbruin en draai gereeld om, plaas op kombuispapier om ergste olie te dreineer
Herhaal met res van die deeg

Lekker koud of warm


Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!