Loader

Soet Patat Plaatkoekies

2017-10-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 18
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

18 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Roommielie Poffertjies

  • Vetkoek Burger

  • Viskoekies

  • Tuna Poffertjies

Die plaatkoekies smaak heerlik. Hierdie is ‘n baie lekker manier vir jou kinders om groente in te kry.
.

Jy benodig:
1 groot patat, geskil, gekook met 3 el suiker tot sag, water dreineer en fyngedruk. Laat afkoel
(werk ook goed met oorskiet patats)
2 eiers
250 g bruismeel
¾ tl fyn kaneel
mespunt fyn gemmer
mespunt “allspice”
mespunt nutmeg –  (neutmeskaat)
knypie sout
1 kop volroom melk
olie vir panbraai

.
So gemaak:
In ‘n groot mengbak, meng saam koue patat en eiers
Voeg bruismeel; sout ; kaneel; gemmer ; all spice; nutmeg en melk by, meng tot gladde beslag
Sit die lou-oond aan en plaas ‘n oondvaste bord daarin om wam te word
Smeer ‘n pan met bietjie olie en verhit tot matig
Gebruik n eetlepel en skep paar lepels vol van die beslag op ’n keer in die pan, die plaatkoekies moenie aan mekaar raak nie.
Bak vir so 3 minute, draai plaatkoekie versigtig met ‘n slaplemmes om sodra dit vol lugblasies is. Bak tot hulle uitgerys en aan albei kante ligbruin is

Haal uit pan en hou warm eenkant in louoond. Herhaal met res van beslag

.
Sit voor met plaasbotter en stroop of heuning

Leave a Reply