Tuisgemaakte Pastei Kors

2017-01-26
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 23
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

23 People rated this recipe

15,566
Related Recipes:
  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

  • Babbelaas Souttert

Elke kombuis behoort die resep byderhand hou, flopvrye tuisgebak
.
1 kg koekmeel
280 ml kookwater
1 el sout
500 g blok regte botter, sny kwart van die blok af en sit in vrieskas om te vries
2 eiers geklits met bietjie water

Voorverhit oond na 180 C
In ‘n lekker groot mengbak, sny res van die botter in blokkies, giet kookwater oor
Laat staan tot botter gesmelt en water louwarm is
Voeg nou koekmeel en sout by
Meng goed deur tot deeg vorm en knie die deeg goed deur vir minuut of twee
Maak ‘n bol, maak toe met kleefplastiek en sit in yskas vir 1 uur
Sprinkel werksblad met koekmeel, rol deeg uit
Rasper gevriesde botter oor die deeg, vou toe en rol met koekroller

Vou weer op en plaas in yskas vir 30 min
Sprinkel werksblad met koekmeel, rol deeg 3mm uit

Druk jou gewenste grootte deeg uit, sirkel of vierkante
Skep vulsel op een helfte van deeg, smeer randjie met eier, vou toe, druk randjies vas met ‘n vurk.

Smeer pastei met gekitse eier bo op
Bak 40 min tot goudbruin

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!