Slapdeeg Biltong en Kaas Pasteitjies

2017-05-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 33
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

33 People rated this recipe

33,188
Related Recipes:
  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

  • Babbelaas Souttert

Ideale happie vir middagete,vinnig om te maak, lekker vir vingeretes; selfs lekker kosblik idee. Almal gaan hiervan hou !

.

Slapdeeg:
1 kop melk
½ kop kookolie
2 groot eiers – kamertemperatuur
1 kop koekmeel
1 tl bakpoeier
aromat na smaak
cayenne peper na smaak (rooipeper)
½ tl sout

.

Vulsel:
1 kop kaas – fyn gerasper
1 kop klam fyn gekerfde bitong

Voorverhit oond na 180 C

Klits melk, olie en eiers saam in groot mengbak
Sif koekmeel, aromat, cayenne peper, bakpoeier, sout saam en vou bietjies op ‘n slag by eiermengsel in
Smeer muffinpanne goed met botter of spuit met kleefvrye kossproei
Skep 2 eetlepels vol beslag in elke holte
Bo op sprinkel so teelepel kaas oor elkeen, dan met knypie gekerfde bilong na smaak
Vul muffinholtes nou ¾ vol met deeg
Sprinkel met nog bietjie fyn biltong
Bak vir 15 – 20 min tot gaar en bruin gebak

Laat in pannetjies effe afkoel
Sit louwarm voor met lekker plaasbotter

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!