Loader

Sjokolade-kolwyntjies

2014-06-16
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Jy het nodig:
1 en halwe kop witsuiker
1 en halwe kop koekmeel
3 el kakaopoeier
1 el vanieljegeursel
1 kop kookwater
1 teelepel sout
1 en halwe teelepel bakpoeier
1 en halwe teelepel koeksoda
3 eiers
koppie volroommelk
kwart koppie sonneblomolie

Voorverhit die oond tot 180°C.
Berei jou kolwyntjiepan voor , spuit met “nonstick” , en plaas jou kolwyntjie lyner in
In lekker groot mengbak gooi al jou droog bestandele saam
Maak holte in middel van jou bestandele, en gooi die eiers in die holte, gooi melk oor, dan kookolie,
en dan geursel by.
Klits alles baie goed saam tot glad en romerig
Vou nou die kookwater in om slap deeg te maak, meng goed deur, tot egalig, moenie klop nie
Vul nou jou liners so driekwart vol,
Bak by voorverhitte oond so omtrent 15 tot 20 min. Toets met vinger, as dit terugspring en sponserig voorkom is dit gaar.
Laat heeltemal afkoel in kolwyntie pan en versier as dit koud is.

Versiersel
1 blik (397g) karamel kondensmelk
1 houertjie (125 ml) room

Gooi jou karamael in glasbak, klits met vurk tot glad.
Klits room styf en vou by karamel in, meng goed
Versier kolwyntjies as hulle heeltemal koud is

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!