Sjokolade Eclair Yskastert
2017-01-20Average Member Rating
(3.8 / 5)
44 People rated this recipe
14,726Related Recipes:
So verleidelik !
2 pakkies tennisbeskuitjies
3 kop yskoue volroom melk
2 pakkies MOIR’S instant pudding – vanilla geur
375 ml room
.
Sjokolade Stroop:
½ kop kakao poeier
1 kop suiker
¼ kop melk
½ kop botter
1 tl vanilje essense
Stroop:
Bring tot kookpunt, prut saam vir 5 minute, tot glad en suiker gesmelt is
Laat afkoel
.
Nou so gemaak:
Voer ‘n 20 cm x 15 cm tertbak met Tennisbeskuitjies uit
Maak al twee pakkies MOIR’S instant pudding aan met 3 kop koue melk
Laat 10 minute staan
Klop room styf tot stywe punte vorm, vou nou in by aangemaakte poeding
Skep hefte van die mengsel oor die tennisbeskuitjies in tertpan
Pak nog n laag tennisbeskuitjies
Volg met res van die mengsel
Pak nog ‘n laag tennisbeskuitjies
Giet nou al die sjokolade stroop bo oor, en versprei eweredig
.
Laat staan in yskas vir minstens 5 ure voor jy in blokke opsny