Piesang Karamel Yskastert
2010-05-13- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.7 / 5)
6 People rated this recipe
Related Recipes:
3/4 van ‘n 200g pakkie mariebeskuitjies, fyn gedruk
125ml (1/2k) botter, gesmelt
1 blik (385g) karamelkondensmelk
3 groot piesangs
shokolade van eie keuse
Metode:
Bespuit ‘n tertbord, 19cm in deursnee, met kleefwerende
kossproei.
Meng die beskuitjiekrummels en botter, en druk die mengsel
vas in die voorbereide tertbord.
Klits die karamel tot glad en skep in die tertkors. Maak gelyk
bo-op en hou eenkant.
Doop die piesangs met skil en al in kookwater om verkleuring
te voorkom.
Skil af en sny in dun skyfies. Rangskik die skyfies bo-op die
karamel.
Herhaal die lae, soveel keer soos verkies..
Rasper shokolade bo oor boonste laag
Plaas die tert in die yskas om effens te verstewig. Dien koud op.
Lewer 1 medium grootte tert.