Loader

Piesang en Amarula Kolwyntjies

2022-04-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Ideaal vir kosblikke, ‘n ligte ontbyt. of peuselhap

2 kop bruismeel
2 groot eiers
1 kop witsuiker
¼ tl sout
¼ tl kaneel
½ tl koeksoda
5 baie ryp piesangs- fyngedruk
2 el botter gesmelte
1 tl vanielje geursel
1 kop Amarula

Opsioneel: versiersel het ek net ‘n blikkie karamel glad geklop en kolwyntjies
gesmeer, maar jou versiersel kan jy eindloos verbeelding gebruik.
neute, klapper, piesangskuifies, styfgeklopte room……

Voorverhit oond op 180°C.

Sif die koekmeel, kaneel, koeksoda en sout saam
Meng die botter, eiers en suiker tot romerig
Voeg piesangs, vanielje en Amarula by, meng tot lig en romerig
Voeg die droë bestanddele bietjies op ‘n slag by, meng tot glad
Skep ¾ vol in voorbereide in papierkoppies

Bak vir 15 min in voorverhitte oond.
Toets met pen of gaar is

Laat heeltemal afkoel

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!