Oudtydse Vla Koekies
2016-10-11- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4 / 5)
52 People rated this recipe
50,115Related Recipes:
Ek deel graag vandag die klein staatmaker koekies ~ “Oudtydse Vla Koekies ” ~ uit skoonma se boekie, die is ‘n wenner, en jou koekieblikke kan jy gereeld volmaak met die vinnige staatmaker …
250 g botter
250 g suiker
2 eiers
1 tl vanielje geursel
3 el vlapoeier
4 tl bakpoeier
3 k koekmeel
Voorverhit die oond tot 200 °C
Smeer bakplaat liggies met botter
Room die botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en meng goed.
Sif die vlapoeier, bakpoeier en meel saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed tot ‘n lekker stywerige bol
Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir 20 min. in die ys-kas.
Rol die deeg in balletjies en pak op die bakplaat, druk effe plat met vurk en bak vir 10-15 min. tot ligbruin.
Laat op afkoelrak afkoel, voor die koekies in lugdigte houers pak