Loader

Wortelmuffins met roomkaasversiersel

2022-11-23
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

– Dis die lekkerste Muffins – (Maak: 12)

430 g koekmeel
165 g sagte bruinsuiker
5 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
mespunt sout
5 ml fyn kaneel
koppie olie
koppie yogurt
koppie pynappelstukke, fyn gesny
2 ekstra groot eiers
10 ml vanieljegeursel
500 ml gerasperde wortel
100 g pitlose rosyne

VERSIERSEL
125 g roomkaas
30 g botter, teen kamertemperatuur
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
5 ml suurlemoensap
5 ml vanieljegeursel
400 ml versiersuiker, gesif

Voorverhit die oond tot 180 °C

.Smeer ‘n muffinpan met 12 holtes óf spuit dit met kleefvrye kossproei.
Sif die koekmeel in ‘n groot mengbak en voeg die bruinsuiker, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel by. Meng die olie, jogurt, pynappel, eiers en vanieljegeursel in ‘n ander mengbak.

Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg die pynappelmengsel by.

Meng die wortel en rosyne in en skep die beslag in die voorbereide muffinholtes. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en uitgerys.

Maak die versiersel: Klits die roomkaas, botter, suurlemoenskil, suurlemoensap en vanieljegeursel tot romerig. Voeg die gesifte versiersuiker by en klits tot net gemeng. Proe en voeg nog suurlemoensap by, indien verkies.
=Versier die afgekoelde muffins met die sitrus-roomkaasversiersel en sit voor.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!