Koffie & Cream Malvapoeding
2018-10-22- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.8 / 5)
28 People rated this recipe
Related Recipes:
Ou gunsteling ‘n lekker twist !
1 kop strooisuiker
2 x-tra groot eiers – kamertemperatuur
2 el appelkooskonfyt
2 kop koekmeel
1 tl koeksoda
1 knippie sout
3 el botter
1 el asyn
200 ml volroom melk gemeng met 1 tl vanielje geursel
.
Vir die sous:
250 ml vars room
4 el botter
1 kop suiker
1 el Whiskey
1 el sterk koffie – aangemaak met bietjie warm water
.
Voorverhit die oond tot 180 ° C.
Klits die strooisuiker en eiers tot donsig en lig, voeg die konfyt tot en klits tot romerig.
Sif die droë bestanddele in ‘n aparte bak.
Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die asyn en melk.
Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel, afgewissel met die melkmengsel by en meng tot goed gemeng.
Gooi in ‘n oondbak en bak vir +- 40 min tot goudbruin en gaar
Om die sous te maak:
Voeg al die sous bestanddele saam in n diep kastrol
Oor medium hitte bring tot amper by kookpunt, verwyder van plaat
Roer aanhoudend tot suiker opgelos is, laat effe afkoel
Giet sous baie stadig oor die warm poeding wanneer dit kom uit die oond
Laat staan vir 30 min voor opdien
Sit voor warm of koud met roomys of vla