Loader

Kersfees pennie-poeding

2023-12-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Dit was altyd die groot opwinding vir ons kinders die muntstukke in die poeding… ‘n dubbel bonus, goeie lekker poeding, en nog sente in die hand… self al baie grootmense sien prêt he saam die kinders met die pennie poeding: …komaan probeer gerus een vir kersfees, en sien daai gesiggies ophelder met elke munstuk

Bestanddele:

Handvol munte in kastrol water gekook vir min 10 minute, skrop deeglik af,
….ek verkies om die muntstukke dan in foelie dun toe te draai….lyk mooi.

250ml koekmeel
5ml bakpoeier
100g pecan neute, opgekap
250g dadels, rof gekap
250ml water
5ml koeksoda
100g sagte botter
200ml strooisuiker
1 eier

Vir die stroop:
:
250ml suiker
120ml water
120ml brandewyn ( die alkhol verdamp sodra dit kookpunt bereik, gee net die geur, dus gee gerus vir die kleinspan)
5ml vanilla essence
30ml botter
1/2 tlp fyn kaneel

So Gemaak:

Voorverhit oond na 180C

Berei oonvaste bak voor, smeer goed met botter.
Gooi dadels en water in kastrol, en laat vinnig kook vir 2 min.
Verwyder van plaat en voeg nou koeksoda by dadels laat koud word
Room saam botter, suiker en eiers
Sif die koekmeel, bakpoeier saam en voeg by bottermengsel
Gooi nou die koue dadelsmengsel by roer liggies deur
Gooi jou neute by en meng
Giet mengsel in jou voorbeide oondpan
Druk nou die munte oral binne die rou mengsel in.
Bak vir +- 1 uur lank, of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:

Gooi suiker, water, botter en vanilla saam in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en laat goed vir 10 minute kook, hou aan met roer.
Voeg nou die kaneel en brandewyn by, laat vinnig opkook roer aanhoudend vir 1 min.
Giet oor poeding sodra uit oond kom…. Laat staan vir paar min voor opskep…
Bedien met lekker dik vla

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!