Kerriemarinade vir die braai
2008-11-27- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Braaigeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.8 / 5)
4 People rated this recipe
3,630Related Recipes:
Hierdie resep is uitstekend vir hoender /vark marineer
1 ui, fyn gerasper in bak met deksel
1 1/4 koppie swart asyn
3 lepels suiker
2 lepels borrie
1/2 koppie Mrs.Balls Chutney
1 groen rissie, opgekap met pitte
2 lepels Cartwright ekstra sterk poeier
1 bay leave (loerierblaar)
2 naeltjies
Meng alles saam in bak met verseelbare deksel, todat mengsel ‘n dikkerige vorm aanneem. Proe gerus en voeg nog suiker by om soet / suur te balanseer.
Spoel vleis skoon af en prik met vurk hier en daar. Sout en pepper vleis en plaas in marinade. Werk marinade deeglik in en bedek met deksel en plaas in yskas.
Vleis kan die aand vooraf gemarineer word en sodoende genoegsame marinering verkry … of dit kan 3 ure voor braai gedoen word.
Braai :
Draai die vleis gedurig om aanbrand van marinade te voorkom. Gebruik die marinade om dit te drip oor die vleis vir ekstra pikantheid.
Geniet, dit is ‘n heerlike marinade wat gou aan jou sal groei