Loader

Karringmelk Kaas en Uie Broodjie

2013-07-23
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 22
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

22 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Heerlike saam enige vleisgereg, sop, of sommer net so saam botter

Jy het nodig:

500 g. bruismeel.
1 pakkie dik wit uiesoppoeier.
5 ml. ( 1 tl.) sout.
5 ml. ( 1 tl.) bakpoeier.
150 g. gerasperde cheddarkaas.
1 ekstra groot eier.
500 ml. ( 2 kop.) karringmelk.

So gemaak:
Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer ‘n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesop poeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g. van die kaas by en meng goed. Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Roer goed. Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of todat ‘n toetspen skoon uit die middel van die broodjie kom. Sit voor met braaivleis of sommer net kaas en konfyt.
.

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!