Loader

Karamel Toffie Sous

2018-08-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie en Uie Sous vir Pap en Wors

  • Sjokolade-koffiesous

  • Mosterdsous

  • Perske bedruipmengsel

  • Biermarinade

Heerlik vir roomys, waffels of pampoenkoekies of poedings. `n Droom vir elke soet tand.
(maak ongeveer 3 koppies)

2 kop vars room
1½ kop suiker
½ kop water
¼ kop botter
½ tl sout

Verhit die room oor medium hitte. Moenie dit laat kook nie, hou dit net warm

In ‘n diep swaarboom kastrol met lang handvatsel, roer die suiker en water oor hoë hitte, roer tot die suiker heeltemal oplos is
Stop dan om te roer en bring tot kookpunt
Kook totdat dit ‘n diep oranje kleur bereik – (Dit sal van 8 tot 15 minute enige plek neem)
Jy sal liggeel strepe sien dan donkerder kleur vorm in die middel van die borrellende suiker
As jy dit sien, kantel die kastrol versigtig deur die handvatsels te gebruik, sodat stroop kant toe beweeg,
By die eerste teken van rook uit jou karamel, verwyder van die plaat af
Teen hierdie tyd moet dit baie donker kleur wees
(Jy soek hier ‘n donker karamel, want jy sal room voeg, moenie skrik en van hitte verwyder as dit nog net bleek goud is nie!)
..
Gooi die warm room onmiddellik by
Gebruik ‘n draad klitser om dit kragtig te klop. Wees baie versigtig – die karamel gaan stoom en borrel
Voeg die botter en sout by en klop tot glad
Plaas terug op stoofplaat en oor medium hitte, prut vir 5 min
Laat dit afkoel en gooi dit in ‘n glas houer met deksel. Dit sal minstens twee weke in die yskas gehou kan word

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!